What are you looking for

Close search

Oberammergau 2020 met Gerrie Pretorius Toer 5

from R 39,930 p/p sharing

TOER 5: 9 Dae toer na MünchenOberammergau en Istanbul 17 tot 25 Julie 2020

INLEIDING: Hierdie is ‘n toer van uiterste konstraste wat al jou sintuie gaan voed.  Kom beleef Oberammergau se aangrypende Passiespel met ons, geniet twee nagte in die lewendige, historiese München en eindig die toer af in die misterieuse Istanbul. Die beste van Europa en Asië word in hierdie opwindende toer gekombineer  –  van ikoniese minarette in die romantiese Istanbul, tot die sielsverrykende Passiespel in Oberammergau wat elke tien jaar aangebied word.  As jy hou van ‘n toer vol variasie, is hierdie die een vir jou. 


HOE OM TE BESPREEK   Volg die volgende stappe met jou Sure Travel Reisagent om jou bespreking na Oberammergau Toer #5 te verseker:  

  • Betaal jou deposito om jou plek op die toer te verseker:
    * Deposito:  R10,000 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar 
    * Betaling 2:  R10,000 betaalbaar teen 29 Februarie 2020  
    * Balans: Betaalbaar teen 10 April 2020
  • Deposito verwysingsnommer: LJROber5 + jou Naam & Van
  • Ons stuur vir jou n baie meer gedetailleerde reisplan met wenke oor die bestemmings en dinge om te beplan.
  • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees ongelooflike vakansie wat op jou wag!


TOER PRYSE: 

  • R39,930 (ongeveer) per persoon vir 'n dubbelkamer wat deel (twee enkelbeddens/dubbelbed)
  • R45,893 per persoon vir `n enkelkamer/deel nie (Let wel dat enkelkamers nie oral beskikbaar is nie)
  • Let daarop dat die aantal enkelkamers beperk is, en in sommige gevalle mag dit nie moontlik wees nie. Ons help jou egter soek na n geskikte kamermaat.
  • Toerpryse word bereken deur gedeelde tariewe as 'n basislyn te gebruik.


VOLEDIGE REISPLAN

Read more

Travel Period: 17 July 2020 - 25 July 2020

Sales Period: 18 February 2020 - 10 April 2020

Destination/s: Germany, Turkey

Experience/s:

Festivals & Events
Gerrie Pretorius Begeleide Toer
Leef jou Reis
Oberammergau 2020
Religious Festivals
  • Includes

    GEMAKLIKE 4* AKKOMMODASIE:

    • Istanbul: Sura Haghia Sophia Hotel of soortgelyk.
    • München: Hotel München Mercure of soortgelyk. 
    • Oberammergau: Twee nagte se verblyf in tradisionele, prentjiemooi 2, 3 of 4-ster gastehuise/hotelle in Oberammergau of buurdorpies. (Sal nader aan die tyd bevestig word. LW. Enkelkamers nie altyd beskikbaar nie.)


    INGESLUIT:

    • 6 Buffet Ontbyte
    • 4 Tradisionele Aandetes
    • 1 Duitse proesessie by Viktualienmarkt
    • Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg.
    • Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering).
    • Groepstoerversekering.
    • 2 nagte se verblyf in München (bed & ontbyt).
    • ‘n Staptoer van Viktualienmarkt, plus ‘n proesessie van lekkernye. 
    • 2 nagte se verblyf in/om Oberammergau (bed, ontbyt & aandete).
    • Offisiële Oberammergau Passiespel 2020 kaartjies (Kategorie B/ 2).
    • Engelse vertalings van die Passiespel se teks. 
    • Besoek aan die besigtigingspunt van Neuschwanstein Kasteel.
    • 2 nagte se verblyf in Istanbul (bed & ontbyt).
    • Twee toerbegeleiers wat Leef jou Reis verteenwoordig. Ons kollegas by Sure Travel gaan ook saam om seker te maak alles verloop seepglad. Gerrie is op dieselfde tyd besig met n ander groep maar is sy span daar om op egte Leef jou reis manier na julle om te sien. 
    • Footjies aan toerpersoneel en busbestuurders. 


    Etes en Drankies: 

    • 6 Buffet Ontbyte
    • 4 Tradisionele aandetes
    • 1 Duitse proesessie op die Viktualienmarkt
    • Afsluitingsaandete in Istanbul


    VOLEDIGE REISPLAN

  • Excludes

    UITGESLUIT:

    • Middagetes, aandetes en verversings (tensy gespesifiseer)
    • Kruierfootjies by hotelle
    • Ander footjies
    • Persoonlike uitgawes
    • Aansoek vir Duitse Schengen visum
    • Binnelandse vlugte indien nodig
    • Versekeringsdekking vir persone ouer as 74

    VOLEDIGE REISPLAN

  • Notes and Conditions

    NOTAS EN TERME:

    Onthou jou PASPOORT! Jou paspoort moet vir minstens (6) SES maande na ons terugkeer geldig wees - tot 1 April 2021 - met ten minste twee skoon bladsye.  

    • Hierdie is 'n Gerrie Pretorius begeleidetoer paket.
    • Toer 5 reis tydperk: 17 tot 25 Julie 2020 (9 Dae)
    • Jou deposito bevestig jou bespreking. Betaal dus so gou moontlik jou deposito om jou plek saam met Gerrie op hierdie wonderlike toer te verseker.
    • * Deposito:  R10,000 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar  
      * Betaling 2:  R10,000 betaalbaar teen 29 Februarie 2020   
      * Balans: Betaalbaar teen 10 April 2020
    • Die prys is gebasseer op 46 mense in die toergroep.
    • Die prys is gebasseer op ‘n wisselkoers van R17 = €1 en R15 = $1. Verandering van wisselkoers sal die finale prys van toer beïnvloed. Die finale betaling van die landreëlings kan enige tyd gedoen word. Ons behou die reg om die volgorde van die reisplan te verander, sou dit daarop neerkom. 
    • Uitgesluit by prys: verversings, fooitjies, kruiersfooie by hotelle, persoonlike items, aankope and enige addisionele versekering wat nie gedek word deur die groepsversekering nie, veral vir toerlede ouer as 74.
    • Indien jy aan 'n mediese fonds behoort: onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van die mediese fonds te kry wat die reisperiode dek. NB: Jy moet `n fisiese voorskrif vir ALLE voorskrifmedikasie saambring.
    • Jy kan gerus peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike verbruik inpak. (Twee liter wyn/persoon en een liter sterk drank/persoon word deur doeane toegelaat.)
    • Alkohol is egter vrylik beskikbaar en tydens die vaart word die koste na jou kamer se rekening gehef. Dit is aan die einde van die reis betaalbaar.
    • Pak jou parfuum, deodorant en gesigrome (enige vloeistowwe) in jou tas - nie in jou handbagasie nie. Jy mag nie meer as 100ml by jou dra nie.
    • Onthou: Jou paspoort moet vir minstens (6) SES maande na ons terugkeer geldig wees - tot 1 April 2021 - met ten minste twee skoon bladsye.
    • Indien jy met 'n Suid-Afrikaanse paspoort reis, benodig jy 'n visum vir Kroasië - teen jou eie koste.
    • Die reisplan en roete kan aanpas word na gelang van die toeroperateurs om te verseker dat jy die beste en veiligste toer moontlik kry.
    • Jou vriendelike Sure Travel Reiskonsultant sal alle deposito's en betalings volgens die besprekingsvorm en vereistes hanteer. 
    • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer: LJROber5 + jou Naam & Van

    Vir omvattende Reisversekering stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.


Package Includes

Hierdie is ‘n toer van uiterste konstraste wat al jou sintuie gaan vo

Airfare

Retoer ekonomiese klas vlugte van Johannesburg na Istanbul

Transfers

Vervoer in luukse, lugversorgde busse

Meals

6 Buffet Ontbyte, 4 Tradisionele aandetes, 1 Duitse proesessie op die Viktualienmarkt

Accommodation

Guides

Gerrie Pretorius

Itinerary
  1. Johannesburg, South Africa
  2. Istanbul, Turkey
  3. München, Germany
  4. Johannesburg, South Africa
Go there!

Book your experience with one of our accredited agents today.

Similar Packages

You are now subscribed!

Welcome to Sure Travel, where we'll take you from desk traveller to dream holiday one newsletter at a time. Check your inbox for our incredible packages and tailor-made experiences. See you soon!

Looks like you are onboard already.

Don't worry, we've got you on the list.

Log In to Access Your Suitcase

You need to log in to add packages to, and manage, your suitcase. Please log in or register.