What are you looking for

Close search

Oberammergau 2020 met Gerrie Pretorius Toer 3

from R 53,556 p/p sharing

TOER 3: 9 Dae toer na BarcelonaMünchen en Oberammergau - 25 Augustus tot 03 September 2020


INLEIDING
Hierdie is sonder twyfel ‘n toer vir jou ‘emmer-skop-lys’. Ongelooflike ervarings word gewaarborg op hierdie kleurvolle toer saam met Gerrie Pretorius as jou gasheer en metgesel. Spanje is een van sy gunsteling bestemmings en ons kan nie wag om dit met jou te deel nie!  Ons reis begin in die ikoniese Spaanse stad, Barcelona, deurtrek met indrukwekkende argitektuur, lewensvreugde en geskiedenis en tapas om elke hoek en draai! Daarna gaan Münich jou betower met sy vele markte, Oompha orkeste en gul gasvryheid in die biertente. Die toer word afgesluit op ‘n hoogtepunt, die 10 jaarlikse Passiespele in Oberammergau met verblyf vir twee nagte in hierdie prentjiemooi Beierse (Bavaria) dorpie in die suide van Duitsland.


HOE OM TE BESPREEK 
  Volg die volgende stappe met jou Sure Travel Reisagent om jou bespreking na Oberammergau Toer #3 te verseker:  

  • Betaal jou deposito om jou plek op die toer te verseker:
    * Deposito:  R10,000 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar 
    * Betaling 2:  R5,000 betaalbaar teen 25 Februarie 2020  
    * Betaling 3:  R15,000 betaalbaar teen 25 April 2020 
    * Balans: Betaalbaar teen 20 Junie 2020
  • Deposito verwysingsnommer: LJROber3 + jou Naam & Van
  • Ons stuur vir jou n baie meer gedetailleerde reisplan met wenke oor die bestemmings en dinge om te beplan.
  • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees ongelooflike vakansie wat op jou wag!


TOER PRYSE: 

  • R53,556 (ongeveer) per persoon vir 'n dubbelkamer wat deel (twee enkelbeddens/dubbelbed)
  • R64,860 per persoon vir `n enkelkamer/deel nie (Let wel dat enkelkamers nie oral beskikbaar is nie)
  • Let daarop dat die aantal enkelkamers beperk is, en in sommige gevalle mag dit nie moontlik wees nie. Ons help jou egter soek na n geskikte kamermaat.
  • Toerpryse word bereken deur gedeelde tariewe as 'n basislyn te gebruik.


VOLEDIGE REISPLAN

Read more

Travel Period: 25 August 2020 - 3 September 2020

Sales Period: 22 January 2020 - 29 May 2020

Destination/s: Germany, Spain

Experience/s:

Gerrie Pretorius Begeleide Toer
Leef jou Reis
Oberammergau 2020
Festivals & Events
Religious Festivals
  • Includes

    GEMAKLIKE 4* AKKOMMODASIE:

    • Barcelona: Die Rivoli Ramblas (of soortgelyk)
    • München: Hotel Platzl (of soortgelyk)
    • Oberammergau: Tradisionele akkommodasie (2, 3 & 4* gastehuise en hotelle) in en om Oberammergau. Die presiese akkommodasie sal nader aan die tyd bevestig word. Let asseblief op: enkelkamers is baie skaars gedurende hierdie besige tyd.


    INGESLUIT:

    • ‘n Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg.
    • Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering).
    • Groepstoerversekering.
    • 3 nagte se verblyf in Barcelona - Bed en ontbyt
    • ‘n Verwelkomings Tapas in Barcelona.
    • 1 dag se Hop-on-Hop-off toer in Barcelona.
    • 2 nagte se verblyf in Münich - Bed en ontbyt
    • Staptoer en proesessie van lekkernye op die Viktualienmarkt.
    • 2 nagte se verblyf in Oberammergau - Bed, ontbyt en een hoofmaal
    • 1 Fleischkasse broodrolletjie vir middagete in Oberammergau.
    • Offisiële Passiespele, Oberammergau 2020 kaartjies (Kategorie B/2).
    • Engelse vertaling van die Passiespele se teks.
    • Besoek die besigtigingspunt by Neuschwanstein Kasteel.
    • Vervoer in luukse, lugversorgde busse.
    • Die kundige Gerrie Pretorius, as gasheer, plus ‘n Sure Voyager Travelverteenwoordiger om hand by te sit.


    Etes en Drankies: 

    • 7 Buffet Ontbyte
    • 3 Tradisionele aandetes
    • 1 Duitse proesessie op die Viktualienmarkt
    • 1 Tradisionele Fleischkase Broodrolletjie in Oberammergau


    VOLEDIGE REISPLAN

  • Excludes

    UITGESLUIT:

    • Middagetes, aandetes en verversings (tensy gespesifiseer)
    • Kruierfootjies by hotelle
    • Ander footjies
    • Persoonlike uitgawes
    • Aansoek vir Duitse Schengen visum
    • Binnelandse vlugte indien nodig
    • Versekeringsdekking vir persone ouer as 74


    VOLEDIGE REISPLAN

  • Notes and Conditions

    NOTAS EN TERME:

    Onthou jou PASPOORT! Jou paspoort moet vir minstens (6) SES maande na ons terugkeer geldig wees - tot 1 April 2021 - met ten minste twee skoon bladsye.  

    • Hierdie is 'n Gerrie Pretorius begeleidetoer paket.
    • Toer 3 reis tydperk: 25 Augustus tot 03 September 2020 (9 Dae)
    • Jou deposito bevestig jou bespreking. Betaal dus so gou moontlik jou deposito om jou plek saam met Gerrie op hierdie wonderlike toer te verseker.
    • * Deposito:  R10,000 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar  
      * Betaling 2:  R5,000 betaalbaar teen 25 Februarie 2020   
      * Betaling 3:  R15,000 betaalbaar teen 25 April 2020  
      * Balans: Betaalbaar teen 20 Junie 2020
    • Die prys is gebasseer op 46 mense in die toergroep.
    • Die prys is gebasseer op ‘n wisselkoers van R17 = €1 en R15 = $1. Verandering van wisselkoers sal die finale prys van toer beïnvloed. Die finale betaling van die landreëlings kan enige tyd gedoen word. Ons behou die reg om die volgorde van die reisplan te verander, sou dit daarop neerkom. 
    • Uitgesluit by prys: verversings, fooitjies, kruiersfooie by hotelle, persoonlike items, aankope and enige addisionele versekering wat nie gedek word deur die groepsversekering nie, veral vir toerlede ouer as 74.
    • Indien jy aan 'n mediese fonds behoort: onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van die mediese fonds te kry wat die reisperiode dek. NB: Jy moet `n fisiese voorskrif vir ALLE voorskrifmedikasie saambring.
    • Jy kan gerus peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike verbruik inpak. (Twee liter wyn/persoon en een liter sterk drank/persoon word deur doeane toegelaat.)
    • Alkohol is egter vrylik beskikbaar en tydens die vaart word die koste na jou kamer se rekening gehef. Dit is aan die einde van die reis betaalbaar.
    • Pak jou parfuum, deodorant en gesigrome (enige vloeistowwe) in jou tas - nie in jou handbagasie nie. Jy mag nie meer as 100ml by jou dra nie.
    • Onthou: Jou paspoort moet vir minstens (6) SES maande na ons terugkeer geldig wees - tot 1 April 2021 - met ten minste twee skoon bladsye.
    • Indien jy met 'n Suid-Afrikaanse paspoort reis, benodig jy 'n visum vir Kroasië - teen jou eie koste.
    • Die reisplan en roete kan aanpas word na gelang van die toeroperateurs om te verseker dat jy die beste en veiligste toer moontlik kry.
    • Jou vriendelike Sure Travel Reiskonsultant sal alle deposito's en betalings volgens die besprekingsvorm en vereistes hanteer. 
    • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer: LJROber3 + jou Naam & Van

    Vir omvattende Reisversekering stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.


Package Includes

TOER 3: 9 Dae toer na Barcelona, München en Oberammergau - 25 Augustus

Airfare

‘n Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg

Transfers

Vervoer in luukse, lugversorgde busse

Meals

7 Buffet Ontbyte en 3 Tradisionele aandetes

Accommodation

Gemaklike 4* Akkommodasie

Guides

Gerrie Pretorius

Itinerary
  1. Johannesburg
  2. Barcelona
  3. München
  4. Johannesburg
Go there!

Book your experience with one of our accredited agents today.

Similar Packages

You are now subscribed!

Welcome to Sure Travel, where we'll take you from desk traveller to dream holiday one newsletter at a time. Check your inbox for our incredible packages and tailor-made experiences. See you soon!

Looks like you are onboard already.

Don't worry, we've got you on the list.

Log In to Access Your Suitcase

You need to log in to add packages to, and manage, your suitcase. Please log in or register.