What are you looking for

Close search

Mosselbaai, Ons Gaan See Toe met Gerrie Pretorius

from R 9,800 p/p sharing

Toer:  5 Nagte toer na Mosselbaai vanaf 05 - 09 November 2020.

INLEIDING:  “Mosselbaai en sy geweste!”
Almal weet dat by Leef Jou Reis is ons gaande oor treine - in alle groottes en vorme! 
Op diè toer slaap jy op ‘n trein amper op die immergewilde Santosstrand  – ‘n paar meter nader en die branders het oor jou gebreek.  Jy gaan letterlik met die see teenaan jou oor slaap.  Ons gaan met ‘n unieke trein vanaf George na Groot-Brakrivier ry en daarvandaan die wynplase van die distrik verken;  die bekende Groot 5 Wildsplaas Bottlierskop besoek en Gerrie gaan jou ‘n paar van sy eie gunsteling plekke wys.   Hierdie is ’n baie gemaklike toer vir mense wat lekker wil kuier, ontspan en sommer bloot die strand geniet!  Maar daar gaan nog baie ander dinge gedoen word en sommer weér trein gery word ook … dit alles voor die vakansiegangers op die toerisme-mekka toesak.  Dis nou die een toer waaroor jy nie moet huiwer nie.  Bespreek sommer dadelik.


HOE OM TE BESPREEK:  Volg die volgende stappe met jou Sure Travel Reisagent om jou bespreking na Mosselbaai te verseker:

  • Die prys sluit alle kostes in.  Jy hoef nêrens 'n kelner te 'tip' nie and die prys sluit alles in behalwe jou drankies!
    • Betaal jou deposito om jou plek op die toer te verseker:
    • * Deposito:  R 4,000.00 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar
    • * Uitstande Balans:  Betaalbaar teen 01 Augustus 2020
  • Maak asseblief doodseker jy gebruik die regte verwysingsnommer, hetsy:


    • Deposito verwysingsnommer:  MOSSEL + jou Naam & Van
  • Ons stuur vir jou n baie meer gedetailleerde reisplan met wenke oor die bestemmings en dinge om te beplan
  • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees ongelooflike vakansie wat op jou wag!


TOER PRYSE: 

  • R 9,800.00 (ongeveer) per persoon wat deel
  • Enkele aanvulling op aanvraag beskikbaar.  Let daarop dat die aantal enkelkamers beperk is, en in sommige gevalle mag dit nie moontlik wees nie.  Ons help jou egter soek na n geskikte kamermaat.
  • Toerpryse word bereken deur gedeelde tariewe as 'n basislyn te gebruik.


VOLEDIGE REISPLAN:

AFRIKAANS

Read more

Travel Period: 5 November 2020 - 9 November 2020

Sales Period: 17 February 2020 - 1 August 2020

Destination/s: South Africa, Western Cape

Experience/s:

Beach Holidays
Gerrie Pretorius Begeleide Toer
Leef jou Reis
  • Includes

    INGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Die gees van samehorigheid en vriendskappe wat lewenslank gesmee word op n Leef jou Reis toer
    • Groepstoerversekering
    • Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg na George
    • Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering)
    • Vervoer vanaf George lughawe tot Santos Express in Mosselbaai en terug
    • 5 Nagte se verblyf op die Santos Express in MosselBaai
    • Alle etes vir die duur van die toer
    • Toegangsgelde vir uitstappies (verwys na reisplan)
    • Treinreise en daaglike uitstappies volgens die reisplan


    VOLEDIGE REISPLAN:

    AFRIKAANS

  • Excludes

    UITGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Drankies (tensy gespesifiseer is)
    • Verversings
    • Persoonlike items en uitgawes
    • Aankope
    • Kruierfootjies (vrywillig)
    • Professionele and ander footjies
    • Paspoort en Visum kostes (indien nodig)
    • Addisionele versekering wat nie gedek word deur die groepsversekering nie


    Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.

  • Notes and Conditions

    NOTAS EN TERME:

    Toer tydperk:  05 - 09 November 2020 (5 Nagde)

    Hierdie is 'n Gerrie Pretorius begeleide toerpakket.

    • Besprekings geskied op 'n "first come, first served" basis
    • Jou deposito bevestig jou bespreking.  Betaal dus so gou moontlik jou deposito om jou plek saam met Gerrie op hierdie ongelooflike toer te verseker:
      • * Deposito:  R 4,000.00 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar
      • * Uitstande Balans:  Betaalbaar teen 01 Augustus 2020 - (die finale betaling kan enige tyd gedoen word)
    • Die prys is gebasseer op die huidige wisselkoers.  Verandering van wisselkoers kan die finale prys van die toer beïnvloed
    • Die prys is gebasseer op electroniese oorbetaalings (EFT).  Kredietkaartbetaalings is onderhewig aan 'n ekstra fooi.  Die fooi vir kontantoorbetaalings is ook vir eie onkoste
    • Ons behou die reg om die volgorde van die reisplan te verander, indien dit nodig is - die reisplan en roete kan aangepas word na gelang van die toeroperateurs om te verseker dat jy die beste en veiligste toer moontlik kry
    • Outhou om jou gereelde medikasie saam te bring
    • Vir toerlede ouer as 74:
      • Indien jy aan 'n mediese fonds behoort, onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van die mediese fonds te kry wat die reisperiode dek
      • Vir ingeval, bring 'n fisiese voorskrif vir ALLE voorskrifmedikasie saam
    • Jy kan gerus peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike verbruik inpak maar neem bagasiegewig in ag
    • Jy mag nie meer as 100ml vloeistowwe in handbagasie dra nie.  Pak enige vloeistowwe (byvoorbeeld parfuum, deodorant en gesigrome) in jou tas en nie in jou handbagasie nie
    • Jou vriendelike Sure Travel Reiskonsultant sal alle deposito's en betalings volgens die besprekingsvorm en vereistes hanteer
    • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer:  MOSSEL + jou Naam & Van


    Bepalings en voorwaardes geld.E&OE


    Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.


    TOER PAKKET NOMMER:  LJR-Mossel


Package Includes

“Mosselbaai en sy geweste!”

Airfare

Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg na George

Transfers

Vervoer vanaf George lughawe tot Santos Express in Mosselbaai en terug

Meals

Alle etes vir die duur van die toer?

Guides

Gerrie Pretorius

Itinerary
  1. Johannesburg, South Africa
  2. George, South Africa
  3. Mossel Bay, South Africa
  4. George, South Africa
  5. Johannesburg, South Africa
Go there!

Book your experience with one of our accredited agents today.

Similar Packages

You are now subscribed!

Welcome to Sure Travel, where we'll take you from desk traveller to dream holiday one newsletter at a time. Check your inbox for our incredible packages and tailor-made experiences. See you soon!

Looks like you are onboard already.

Don't worry, we've got you on the list.

Log In to Access Your Suitcase

You need to log in to add packages to, and manage, your suitcase. Please log in or register.