What are you looking for

Close search

Brul van die Leeu 1, Botswana - Gerrie Pretorius

from R 19,500 p/p sharing

Toer 1:  7 Aande / 8 Dae toer na Botswana vanaf 08 - 15 Augustus 2020.


INLEIDING:
  Botswana bly sekerlik my gunsteling plek op die hele aarde!  Saans as die kampvuur brand en die diere sommer déúr die kamp loop met ‘n leeu wat in die verte brul, is ek op my heel gelukkigste.  Botswana is immers lekker naby en baie goedkoper as plekke soos die Serengeti en boonop is daar minder mense wat jou vertrap en is die wild volop!  Ons doen geweldig baie moeite met die toer om ook vir Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om in gemak ‘n safari te ervaar soos wat die oorsese toeriste dit doen.  Ons gidse en vennote is die heel beste wat jy ooit gaan ervaar en jy gaan die bos én die natuur van baie naby beleef.  Bring jou mense en kom ervaar plekke soos die Okavango Delta, Savuti en Chobe saam met Leef jou Reis. 


HOE OM TE BESPREEK: 
 Volg die volgende stappe met jou Sure Travel Reisagent om jou bespreking na Kroasië en Turkye te verseker:

  • Die prys sluit alle kostes in, behalwe die opsionele vlug oor die Delta, jou drankie en fooitjies vir die personeel wat baie mooi na jou gaan kyk.
  • Betaal jou deposito om jou plek op die toer te verseker:
    *  Deposito:  R 10,000.00 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar
    * Uitstande Balans:  Betaalbaar ten minste 60 dae voor vertrek (08 June 2020)
  • Maak asseblief doodseker jy gebruik die regte verwysingsnommer, hetsy:
    • Deposito verwysingsnommer:  BRUL1 + jou Naam & Van
  • Ons stuur vir jou n baie meer gedetailleerde reisplan met wenke oor die bestemmings en dinge om te beplan.
  • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees ongelooflike vakansie wat op jou wag!


TOER PRYSE: 

  • R 19,500.00 (ongeveer) per persoon wat deel
  • Ons groepe is nie groot nie en daarom kan ons nie enkel besprekings aanvaar nie.  Jy sal ongelukig moet deel .
  • Toerpryse word bereken deur gedeelde tariewe as 'n basislyn te gebruik.


VOLEDIGE REISPLAN:

Read more

Travel Period: 8 August 2020 - 15 August 2020

Sales Period: 17 February 2020 - 8 June 2020

Destination/s: Africa, Southern Africa, Botswana

Experience/s:

Adventure Holidays
Nature & Wildlife
Big 5 Experience
Game Drives
Game Viewing
Camping Tours
Gerrie Pretorius Begeleide Toer
Leef jou Reis
  • Includes

    INGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Die gees van samehorigheid en vriendskappe wat lewenslank gesmee word op n Leef jou Reis toer
    • Groepstoerversekering
    • 7 Nagte se verblyf:
      • 1 Nag in Maun Lodge
      • 3 Nagte in Khwai (kamp)
      • 2 Nagte in Savuti (kamp)
      • 1 Nag in Sinyati
    • Alle maaltye terwyl op toer


    VOLEDIGE REISPLAN:

  • Excludes

    UITGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Vervoer en brandstof (verwys na reisplan vir meer inligting)
    • Etes nie gespesifiseer nie
    • Koeldrank en alkohol drankies
    • Verversings
    • Persoonlike items en uitgawes
    • Aankope
    • Ingangsfooi nie gespesifiseer nie
    • Kostes vir addisionele uitstappies enige persoonlik uitgawes
    • Kruierfootjies by hotelle
    • Professionele and ander footjies
    • Paspoort en Visum kostes (hulp aangebied met die hele visum proses indien nodig)
    • Binnelandse vlugte in Suid-Afrika indien nodig
    • Addisionele versekering wat nie gedek word deur die groepsversekering nie.

    Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.

  • Notes and Conditions

    NOTAS EN TERME:

    • Toer tydperk:  08 - 15 Augustus 2020 (7 Nagde / 8 Dae)

      Hierdie is 'n Gerrie Pretorius begeleide toerpakket.

      • Onthou jou PASPOORT!
      • Jou paspoort moet vir minstens (6) SES maande na ons terugkeer geldig wees (tot 15 Februarie 2021) - met ten minste twee skoon bladsye
      • Indien jy met 'n Suid-Afrikaanse paspoort reis, benodig jy nie 'n visum vir Botswana.  Ander paspoorthouers bevestig asseblief visum vereistes met jou verkiste Sure reisagent (teen eie koste)
      • Indien jou voertuig gefinansier is, benodig jy 'n toestemmingbrief van die betrokke bank om die voertuig oor die grens te neem
      • Malaria-profilakse word aanbeveel - raadpleeg u dokter voordat u vertrek
      • Outhou om jou medikasie te bring - iets vir allergiese reaksies is ook aanbeveel
      • Besprekings geskied op 'n "first come, first served" basis
      • Jou deposito bevestig jou bespreking.  Betaal dus so gou moontlik jou deposito om jou plek saam met Gerrie op hierdie ongelooflike toer te verseker:
        • Deposito:  R 10,000.00 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar
        • * Uitstande Balans:  Betaalbaar ten minste 60 dae voor vertrek - (die finale betaling van die landreëlings kan enige tyd gedoen word)
      • Die prys is gebasseer op die huidige wisselkoers.  Verandering van wisselkoers kan die finale prys van die toer beïnvloed
      • Die prys is gebasseer op electroniese oorbetaalings (EFT).  Kredietkaartbetaalings is onderhewig aan 'n ekstra fooi.  Die fooi vir kontantoorbetaalings is ook vir eie onkoste
      • Ons behou die reg om die volgorde van die reisplan te verander, indien dit nodig is - die reisplan en roete kan aangepas word na gelang van die toeroperateurs om te verseker dat jy die beste en veiligste toer moontlik kry
      • Vir toerlede ouer as 74:
        • Indien jy aan 'n mediese fonds behoort, onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van die mediese fonds te kry wat die reisperiode dek
        • NB: Jy moet 'n fisiese voorskrif vir ALLE voorskrifmedikasie saambring
      • Jy kan gerus peuselhappies, ekstra water en ys, koeldranke en alkoholiese drankies vir persoonlike verbruik inpak. (Twee liter wyn/persoon en een liter sterk drank/persoon word deur doeane toegelaat) - Drinkgoed is egter vrylik beskikbaar om te koop tydens die toer
      • Jou vriendelike Sure Travel Reiskonsultant sal alle deposito's en betalings volgens die besprekingsvorm en vereistes hanteer
      • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer:  BRUL1 + jou Naam & Van

      Bepalings en voorwaardes geld.E&OE

      Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.

      TOER PAKKET NOMMER:  LJR-BRUL1-Aug


Package Includes

Botswana bly sekerlik my gunsteling plek op die hele aarde!

Meals

Alle maaltye terwyl op toer

Accommodation

7 Nagte se verblyf (verwys na die reisplan vir meer inligting)

Itinerary
  1. Okavango Delta, Botswana
Go there!

Book your experience with one of our accredited agents today.

Similar Packages

You are now subscribed!

Welcome to Sure Travel, where we'll take you from desk traveller to dream holiday one newsletter at a time. Check your inbox for our incredible packages and tailor-made experiences. See you soon!

Looks like you are onboard already.

Don't worry, we've got you on the list.

Log In to Access Your Suitcase

You need to log in to add packages to, and manage, your suitcase. Please log in or register.