What are you looking for

Close search

2020 Namakwaland Toer met Gerrie Pretorius

from R 14,500 p/p sharing

Toer:  4 Nagte, 2020 / Namakwaland:

  • Woensdag 02 September 2020 tot Sondag 06 September 2020

INLEIDING:

Ons vertrek relatief vroeg vanaf OR Tambo Lughawe na Kaapstad.  Wees betyds en geniet `n rustige koffie voor ons vertrek.  Met ons aankoms in Kaapstad, staan ons luukse bus gereed om dadelik te vertrek na die Weskus Nasionale Park.  Behalwe vir plate blomme, is die Park ook die tuiste van baie diere soos die bergkwaggas, rooihartebeeste en elande.  Flaminke word ook gereeld op die meer gewaar.  Ons gaan al die buitengewoon-mooi plekke in die park besoek, van Preekstoel tot Potsberg.  Jy gaan pragtige foto's neem wat jou vriende groen van jaloesie gaan maak!

HOE OM TE BESPREEK:

Om jou bespreking te verseker:

  • Laat weet dat jy by hierdie opwindende toer wil aansluit deur jou e-pos adres en selnommer aan jou naaste Sure Travel reisagent te stuur.
  • Ons stuur dan die besprekingsvorm wat jy moet invul en terugstuur, saam met ‘n afskrif van jou ID/paspoort en die bewys van betaling van jou deposito.  Gebruik asseblief die volgende depositoverwysingsnommer: BLOM2020: Naam & Van:
    • Die deposito van R 6,000.00 is nie terugverhaalbaar nie en is betaalbaar met bespreking;
    • Die uitstaande bedrag is betaalbaar teen 30 Junie 2020.
    • Let wel dat hierdie pryse is gebaseer op EFO-betalings.  Indien jy verkies om met`n kredietkaart te betaal, sal ons die koste hiervoor aan jou deurgee.
  • Daarna, stuur ons vir jou ‘n gedetailleerde reisplan met wenke oor die bestemming en al die inligting wat jy sal benodig om te beplan.
  • Ons stig nader aan die tyd a Whatsapp groep vir verdere kommunikasie - maak dus asb seker dat jy jou regte selnommer verskaf.
  • Indien jy enige vrae het, stuur gerus n epos of ‘n Whatsapp na jou verkiste Sure Travel reisagent - hulle help graag.
  • Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees fassinerende vakansie van jou lewe! 

 TOER PRYSE:

  • R14,500.00 per persoon wat deel in ‘n tweepersoonskamer
  • R18,000.00 per persoon in ‘n enkelkamer

Let asseblief daarop dat die aantal enkelkamers beperk is en in sommige gevalle mag dit nie moontlik wees om `n enkelkamer te bespreek nie.  Die reisplan kan wissel na gelang van die besluit van die reisoperateurs en is ook gebaseer op veiligheid.

VOLLEDIGE REISPLAN:

Read more

Travel Period: 2 September 2020 - 6 September 2020

Sales Period: 6 May 2020 - 30 June 2020

Destination/s: Southern Africa, Western Cape, Northern Cape, Namaqualand

Experience/s:

Nature & Wildlife
Guided Tours
  • Includes

    INGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Die gees van samehorigheid en vriendskappe wat lewenslank gesmee word op n Leef jou Reis toer
    • Groepstoerversekering
    • Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg na Kaapstad
    • Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering)
    • Retoer vervoer vanaf Kaapstad lughawe tot die Namakwaland streek volgens die reisplan
    • 4 Nagte se verblyf (verwys na die reisplan)
    • Alle etes vir die duur van die toer

    LET WEL:

    • Onthou jou ID / Rybewys vir die vlugte - dit is altyd beter om met jou rybewys te vlieg.
    • Lede van 'n mediese fonds:  Onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van jou mediese fonds af te kry, wat die reisperiode dek.
    • Voel vry om peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike gebruik te pak.  Alkohol is egter vryelik beskikbaar, sou jy nie saambring nie.
    • Indien jy vatbaar is vir hooikoors in stowwerige gebiede, bring asseblief die nodige medikasie.

    VOLLEDIGE REISPLAN:

  • Excludes

    UITGESLUIT BY PRYS VAN TOER:

    • Drankies (tensy gespesifiseer is)
    • Verversings
    • Persoonlike items en uitgawes
    • Aankope
    • Kruierfootjies (vrywillig)
    • Professionele and ander footjies
    • Paspoort en visum kostes (indien nodig)
    • Addisionele versekering wat nie gedek word deur die groepsversekering nie

    In die verlede het ons net heerlike weer beleef - maar bring gerus klere vir koeler aande en indien die weer skielik verander.

    Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.

  • Notes and Conditions

    NOTAS EN TERME:

    Toer tydperk:  02 - 06 September 2020 (4 Nagde)

    Hierdie is 'n Gerrie Pretorius begeleide toerpakket.

    • Besprekings geskied op 'n "first come, first served" basis
    • Let asseblief daarop dat die aantal enkelkamers beperk is en in sommige gevalle mag dit nie moontlik wees om `n enkelkamer te bespreek nie.
    • Die reisplan kan wissel na gelang van die besluit van die reisoperateurs en is ook gebaseer op veiligheid.
    • Jou deposito bevestig jou bespreking.  Betaal dus so gou moontlik jou deposito om jou plek saam met Gerrie op hierdie ongelooflike toer te verseker:
      • Deposito:  R 6,000.00 nie terugbetaalbaar en onmiddelik betaalbaar
      • Uitstande Balans:  Betaalbaar teen 30 Junie 2020 - (die finale betaling kan enige tyd gedoen word)
      • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer:  BLOM2020 + jou Naam & Van
      • Die prys is gebasseer op die huidige wisselkoers.  Verandering van wisselkoers kan die finale prys van die toer beïnvloed
    • Die prys is gebasseer op electroniese oorbetaalings (EFT).  Kredietkaartbetaalings is onderhewig aan 'n ekstra fooi.  Die fooi vir kontantoorbetaalings is ook vir eie onkoste
    • Ons behou die reg om die volgorde van die reisplan te verander, indien dit nodig is - die reisplan en roete kan aangepas word na gelang van die toeroperateurs om te verseker dat jy die beste en veiligste toer moontlik kry
    • Outhou om jou gereelde medikasie saam te bring
    • Vir toerlede wie aan a mediese finds behoort of wie ouer as 74 is, onthou om 'n mediese reisversekeringsbrief van die mediese fonds te kry wat die reisperiode dek
    • Vir ingeval, bring 'n fisiese voorskrif vir ALLE voorskrifmedikasie saam
    • Jy kan gerus peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike verbruik inpak maar neem bagasiegewig in ag
    • Jy mag nie meer as 100ml vloeistowwe in handbagasie dra nie.  Pak enige vloeistowwe (byvoorbeeld parfuum, deodorant en gesigrome) in jou tas en nie in jou handbagasie nie
    • Jou vriendelike Sure Travel Reiskonsultant sal alle deposito's en betalings volgens die besprekingsvorm en vereistes hanteer
    • Gebruik asseblief die korrekte verwysingsnommer:  BLOM2020 + jou Naam & Van

    Bepalings en voorwaardes geld.E&OE

    Vir omvattende reisversekering, stel ons voor dat jy jou Sure Travel Reisagent vra oor 'n TIC reisversekeing vir jou reis.

    TOER PAKKET NOMMER:  LJR-Namakwa


Package Includes

Veldblomme so ver as wat die oog kan sien en buitengewoon mooi-plekke.

Airfare

Return flights from Johannesburg to Cape Town

Transfers

All scheduled airport transfers on arrival and departure days

Meals

Breakfast, lunch and dinner daily

Accommodation

4 Nights accommodation as per itinerary

Guides

Gerrie Pretorius

Itinerary
Go there!

Book your experience with one of our accredited agents today.

Similar Packages

You are now subscribed!

Welcome to Sure Travel, where we'll take you from desk traveller to dream holiday one newsletter at a time. Check your inbox for our incredible packages and tailor-made experiences. See you soon!

Looks like you are onboard already.

Don't worry, we've got you on the list.

Log In to Access Your Suitcase

You need to log in to add packages to, and manage, your suitcase. Please log in or register.